Friday, July 19, 2024

Geloof en vertroue - 2 dinge wat elke kind van God nodig het…

 Geloof en vertroue is twee dinge wat elke kind van God baie nodig het. Sonder die twee eienskappe sal baie ander dinge glad nie werk in jou lewe as ‘n kind van God nie. Ons almal het nodig om te groei daarin en meer te leer daarvan, want daarsonder het ons regtig niks om op te staan nie. As hierdie twee dinge in jou verhouding met God aktief aan die werk is, dan het jy waarskynlik jou voete op die rots Jesus, die Woord gebou. Vir my is dit twee dinge wat ek aanhoudend en konstant aan werk om verder daarin te ontwikkel want ek weet maar te goed ek kan nie daarsonder leef nie! God het my algehele vertroueling geword vir ALLES!

Ek het onlangs 7 kort artikels oor geloof geskryf op my Kofi blad as jy belangstel om dit te lees. Ek het ook twee van my hulpbronne vir Bybel dagboeke vertaal in Afrikaans en dit is ook beskikbaar in my winkel op Kofi. Gaan loer gerus in en sien wat is nog alles beskikbaar.

7 artikels oor geloof.













Monday, May 13, 2024

Geloof werk deur liefde-


Geloof werk deur liefde- my nuutste Bybel hulpbron in Afrikaans. As jy belangstel in kreatiewe hulpbronne vir Bybelstudie, besoek gerus my groeiende winkel vir Afrikaans en Engelse hulpbronne wat net uitgedruk kan word en gereed is vir gebruik. Lees ook saam met my oor verskillende onderwerpe deur die Bybel. Hoop ek sien jou daar!



Friday, April 26, 2024

My eerste twee Bybel hulpbronne in Afrikaans

Dit is vir my ‘n voorreg om my Bybel hulpbronne nou ook in Afrikaans beskikbaar te stel. As daar genoeg belangstelling is sal ek met graagte daarmee aanhou. Dit is te koop in my Ko-fi winkel
Indien jy ook graag saam met my Bybel studie wil doen, ek skryf gereeld in my Ko-fi winkel oor die huidige onderwerp. Jy is ook welkom om by ons Bible Journal Club  aan te sluit vir spesiale aanbiedinge. As jy as ‘n Afrikaanse lid aansluit laat my weet en ek sal jou hulpbronne waar moontlik vir jou in Afrikaans beskikbaar stel.



Nuwe waterverf kaartjies met fynbos-kuns

Die mooie Danabaai is bekend vir pragtige natuur, fynbos en die bekoorlike see. Dit is so rustig hier dat jy nie anders kan as om te ontspan...