Friday, April 26, 2024

My eerste twee Bybel hulpbronne in Afrikaans

Dit is vir my ‘n voorreg om my Bybel hulpbronne nou ook in Afrikaans beskikbaar te stel. As daar genoeg belangstelling is sal ek met graagte daarmee aanhou. Dit is te koop in my Ko-fi winkel
Indien jy ook graag saam met my Bybel studie wil doen, ek skryf gereeld in my Ko-fi winkel oor die huidige onderwerp. Jy is ook welkom om by ons Bible Journal Club  aan te sluit vir spesiale aanbiedinge. As jy as ‘n Afrikaanse lid aansluit laat my weet en ek sal jou hulpbronne waar moontlik vir jou in Afrikaans beskikbaar stel.



Thursday, April 18, 2024

Waarom doen ek ‘n kreatiewe Bybel joernaal en wat is dit?

 Een van my gunsteling dinge om te doen is om elke more vroeg tyd saam met die Here te spandeer! My dag begin net nie reg ek nie hierdie kosbare tyd saam met Jesus gehad het nie. Ek sien uit daarna om Jesus se stem te hoor en nuwe dinge van Hom te leer en dieper te groei in die dinge wat ek reeds geleer het.

Wanneer ek tyd met Jesus in die Woord spandeer dink ek nie aan prentjies nie. Ek is ingestel om in my gees te hoor wat Jesus sê. Dit is die lekkerste ding vir my om later terug te gaan en dit weer en weer te lees en dit is waar ek gewoonlik kreatief raak.Ek verkies om nie my notas in my Bybel te doen nie want ek voeg voortdurend nuwe notas by. Dit maak vir my meer sin om dit in ‘n aparte mooi boek te doen waarin ek meer spasie het en myself kan uitleef wanneer ek wel by die kreatiewe proses kom. Ek kyk so daarna: my Bybel joernaal is vir my eerder die finale boek waarin ek my notas gaan verewig. Ek sal vir ‘n lang tyd ‘n studie doen oor ‘n sekere onderwerp soos die Here my lei. Ek wil uiteindelik ‘n mooi boek  maak van dit wat ek geleer het wat ek oor en oor kan lees. Wie weet dalk kan die boeke my kinders se erfenis word. En al sou dit niks vir niemand anders beteken nie, dan sal dit nogtans vir my iets beteken. Maar van een ding is ek oortuig, ek wil nie my Bybel so bekrap dat ek later nie meer die woorde kan sien nie- my persoonlike keuse, want ek weet ek skryf BAIE notas!




As ‘n kunstenaar en illustreerder was dit nog altyd vir my die lekkerste ding om prentjies van allerhande allerdaagse dinge te teken. Dit het ook ‘n doel gevind. Ek skep nou vir myself mooi versierings wat ek dan in my boeke kan sit. Ek het dit met ander begin deel en gevind dat hulle dit ook graag gebruik. Gewoonlik was dit in Engels maar ek wil baie graag meer Afrikaanse materiaal begin maak as daar belangstelling is.

As jy Afrikaans is en hier lees, sal ek graag van jou wil hoor!


Ek het besluit om my “blokkie” spasie hier op die internet in Afrikaans te begin skryf.

Ek weet nie of enige iemand ooit hier gaan lees nie. As iemand moet, sal hulle seker hier uitkom. Hoekom Afrikaans? Want dit is my eerste taal en omdat ek graag in my eie taal wil dink vir ‘n slag! Ek sal my naam in Engels hou omdat ek reeds oral so bekend is. As jy Afrikaans is en van kreatiewe Bybel studie materiaal hou, hoop ek jy kom kuier gereeld hier! Dit sal lekker wees om jou te ontmoet!

Ek wil graag kreatiewe en mooi hulpbronne ontwikkel vir mense in Afrikaans. Ek weet nie of die belangstelling baie groot gaan wees nie, maar ek sal dit doen uit gehoorsaamheid omdat ek glo dis wat die Here vir my gesê het om te doen.  

Hou hierdie blad gereeld dop vir nuwe dinge wat sal kom! Op die oomblik is alles nog in Engels. Ek plaas voorbeelde in hierdie artikel wat ek hoop binnekort alles in Afrikaans beskikbaar sal wees. As jy hou van die idee en op soek is na so iets, asseblief los n boodskap sodat ek weet daar is belangstelling. Ek sal dit baie waardeer!

A page for Bible study with flowers and words





Nuwe waterverf kaartjies met fynbos-kuns

Die mooie Danabaai is bekend vir pragtige natuur, fynbos en die bekoorlike see. Dit is so rustig hier dat jy nie anders kan as om te ontspan...