Showing posts with label trust. Show all posts
Showing posts with label trust. Show all posts

Friday, July 19, 2024

Geloof en vertroue - 2 dinge wat elke kind van God nodig het…

 Geloof en vertroue is twee dinge wat elke kind van God baie nodig het. Sonder die twee eienskappe sal baie ander dinge glad nie werk in jou lewe as ‘n kind van God nie. Ons almal het nodig om te groei daarin en meer te leer daarvan, want daarsonder het ons regtig niks om op te staan nie. As hierdie twee dinge in jou verhouding met God aktief aan die werk is, dan het jy waarskynlik jou voete op die rots Jesus, die Woord gebou. Vir my is dit twee dinge wat ek aanhoudend en konstant aan werk om verder daarin te ontwikkel want ek weet maar te goed ek kan nie daarsonder leef nie! God het my algehele vertroueling geword vir ALLES!

Ek het onlangs 7 kort artikels oor geloof geskryf op my Kofi blad as jy belangstel om dit te lees. Ek het ook twee van my hulpbronne vir Bybel dagboeke vertaal in Afrikaans en dit is ook beskikbaar in my winkel op Kofi. Gaan loer gerus in en sien wat is nog alles beskikbaar.

7 artikels oor geloof.













Nuwe waterverf kaartjies met fynbos-kuns

Die mooie Danabaai is bekend vir pragtige natuur, fynbos en die bekoorlike see. Dit is so rustig hier dat jy nie anders kan as om te ontspan...