Showing posts with label Nikita Taljaard. Show all posts
Showing posts with label Nikita Taljaard. Show all posts

Tuesday, August 20, 2024

Klein skilderytjies op sirkels word die oulikste fantasie wêrelde…

Vandag wil ek graag spog met Nikita se pragtige ronde skilderytjies wat vir my tog te pragtig uitgekom het! Ons het gedink ons sal bietjie rondspeel met die idee van ‘n sirkel. 

Elke sirkel het ‘n klein fantasie wêreld geword wat ‘n storie vertel…



En hier is die nog kleiner wêreldtjies:




En vir ‘n mooi boekmerk is daar hierdie paar :

Hulle sal almal binnekort beskikbaar wees op ons kaartjie houer by die Townhouse in Mosselbaai. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om kaartjies te maak om iemand se dag op te vrolik. Dankie aan almal wat een gekoop het! Dit help ons om daarmee aan te hou!


Nuwe waterverf kaartjies met fynbos-kuns

Die mooie Danabaai is bekend vir pragtige natuur, fynbos en die bekoorlike see. Dit is so rustig hier dat jy nie anders kan as om te ontspan...