Die gelykenis van die saaier is een van my gunsteling gedeeltes in die Bybel. Daarom was dit vir my baie lekker om hierdie reeks te maak wat juis daaroor gaan!
Dit bevat ‘n 21 bladsy Bybel studie wat saamgestel is uit my eie notas. Dit is mooi uiteengesit met vrae wat geantwoord kan word aan die einde.
Die stel is propvol mooi bykomstighede wat reg is om uitgedruk te word en gebruik te word in jou Bybel dagboek of Joernaal Bybel.
Daar is ‘n goeie versameling van mooi papier en oulike randjies, so wel as pretjies wat “saam praat” om die boodskap oor te dra. Hierdie reeks is nou beskikbaar in my Etsy winkel asook in my Kofi winkel. Gaan loer gerus in!









