Thursday, September 26, 2024
Nuwe waterverf kaartjies met fynbos-kuns
Tuesday, August 20, 2024
Klein skilderytjies op sirkels word die oulikste fantasie wêrelde…
Vandag wil ek graag spog met Nikita se pragtige ronde skilderytjies wat vir my tog te pragtig uitgekom het! Ons het gedink ons sal bietjie rondspeel met die idee van ‘n sirkel.
Elke sirkel het ‘n klein fantasie wêreld geword wat ‘n storie vertel…
En vir ‘n mooi boekmerk is daar hierdie paar :
Friday, July 19, 2024
Geloof en vertroue - 2 dinge wat elke kind van God nodig het…
Geloof en vertroue is twee dinge wat elke kind van God baie nodig het. Sonder die twee eienskappe sal baie ander dinge glad nie werk in jou lewe as ‘n kind van God nie. Ons almal het nodig om te groei daarin en meer te leer daarvan, want daarsonder het ons regtig niks om op te staan nie. As hierdie twee dinge in jou verhouding met God aktief aan die werk is, dan het jy waarskynlik jou voete op die rots Jesus, die Woord gebou. Vir my is dit twee dinge wat ek aanhoudend en konstant aan werk om verder daarin te ontwikkel want ek weet maar te goed ek kan nie daarsonder leef nie! God het my algehele vertroueling geword vir ALLES!
Ek het onlangs 7 kort artikels oor geloof geskryf op my Kofi blad as jy belangstel om dit te lees. Ek het ook twee van my hulpbronne vir Bybel dagboeke vertaal in Afrikaans en dit is ook beskikbaar in my winkel op Kofi. Gaan loer gerus in en sien wat is nog alles beskikbaar.
Thursday, April 18, 2024
Waarom doen ek ‘n kreatiewe Bybel joernaal en wat is dit?
Een van my gunsteling dinge om te doen is om elke more vroeg tyd saam met die Here te spandeer! My dag begin net nie reg ek nie hierdie kosbare tyd saam met Jesus gehad het nie. Ek sien uit daarna om Jesus se stem te hoor en nuwe dinge van Hom te leer en dieper te groei in die dinge wat ek reeds geleer het.
Wanneer ek tyd met Jesus in die Woord spandeer dink ek nie aan prentjies nie. Ek is ingestel om in my gees te hoor wat Jesus sê. Dit is die lekkerste ding vir my om later terug te gaan en dit weer en weer te lees en dit is waar ek gewoonlik kreatief raak.Ek verkies om nie my notas in my Bybel te doen nie want ek voeg voortdurend nuwe notas by. Dit maak vir my meer sin om dit in ‘n aparte mooi boek te doen waarin ek meer spasie het en myself kan uitleef wanneer ek wel by die kreatiewe proses kom. Ek kyk so daarna: my Bybel joernaal is vir my eerder die finale boek waarin ek my notas gaan verewig. Ek sal vir ‘n lang tyd ‘n studie doen oor ‘n sekere onderwerp soos die Here my lei. Ek wil uiteindelik ‘n mooi boek maak van dit wat ek geleer het wat ek oor en oor kan lees. Wie weet dalk kan die boeke my kinders se erfenis word. En al sou dit niks vir niemand anders beteken nie, dan sal dit nogtans vir my iets beteken. Maar van een ding is ek oortuig, ek wil nie my Bybel so bekrap dat ek later nie meer die woorde kan sien nie- my persoonlike keuse, want ek weet ek skryf BAIE notas!
As ‘n kunstenaar en illustreerder was dit nog altyd vir my die lekkerste ding om prentjies van allerhande allerdaagse dinge te teken. Dit het ook ‘n doel gevind. Ek skep nou vir myself mooi versierings wat ek dan in my boeke kan sit. Ek het dit met ander begin deel en gevind dat hulle dit ook graag gebruik. Gewoonlik was dit in Engels maar ek wil baie graag meer Afrikaanse materiaal begin maak as daar belangstelling is.
As jy Afrikaans is en hier lees, sal ek graag van jou wil hoor!
Ek het besluit om my “blokkie” spasie hier op die internet in Afrikaans te begin skryf.
Ek weet nie of enige iemand ooit hier gaan lees nie. As iemand moet, sal hulle seker hier uitkom. Hoekom Afrikaans? Want dit is my eerste taal en omdat ek graag in my eie taal wil dink vir ‘n slag! Ek sal my naam in Engels hou omdat ek reeds oral so bekend is. As jy Afrikaans is en van kreatiewe Bybel studie materiaal hou, hoop ek jy kom kuier gereeld hier! Dit sal lekker wees om jou te ontmoet!
Ek wil graag kreatiewe en mooi hulpbronne ontwikkel vir mense in Afrikaans. Ek weet nie of die belangstelling baie groot gaan wees nie, maar ek sal dit doen uit gehoorsaamheid omdat ek glo dis wat die Here vir my gesê het om te doen.
Hou hierdie blad gereeld dop vir nuwe dinge wat sal kom! Op die oomblik is alles nog in Engels. Ek plaas voorbeelde in hierdie artikel wat ek hoop binnekort alles in Afrikaans beskikbaar sal wees. As jy hou van die idee en op soek is na so iets, asseblief los n boodskap sodat ek weet daar is belangstelling. Ek sal dit baie waardeer!
Wednesday, October 25, 2023
Bible journaling
One of my most favourite things to do is to spend time with Jesus. This is how I like to start my day early in the morning. A conversation starts which will be ongoing throughout the day between me and Jesus. Later after breakfast I sit with my children and the conversation draws them in as well. Me and my husband can go on like this for hours. We just love to talk with Jesus! And my favourite part is how He is always part of every conversation.
We all love to be creative, especially me and my daughter. Because I love the Word so much I started looking for more ways to use my creativity to make things born out of what inspires me and that is why I started making Bible journaling pages.
Thursday, October 19, 2023
We are working on new greeting cards and other delightful things!
Nikita and me are currently working on new greeting cards and other delightful little stationary gifts. With Christmas not too far in the future we are also busy making lovely Christmas cards and other related things.
This is Nikita’s new bookmarks that will soon go to our stand in The Town House.
Nuwe waterverf kaartjies met fynbos-kuns
Die mooie Danabaai is bekend vir pragtige natuur, fynbos en die bekoorlike see. Dit is so rustig hier dat jy nie anders kan as om te ontspan...
-
Nikita and me are currently working on new greeting cards and other delightful little stationary gifts. With Christmas not too far in the f...
-
Een van my gunsteling dinge om te doen is om elke more vroeg tyd saam met die Here te spandeer! My dag begin net nie reg ek nie hierdie kos...
-
One of my most favourite things to do is to spend time with Jesus. This is how I like to start my day early in the morning. A conversation ...






























