Vandag wil ek graag spog met Nikita se pragtige ronde skilderytjies wat vir my tog te pragtig uitgekom het! Ons het gedink ons sal bietjie rondspeel met die idee van ‘n sirkel.
Elke sirkel het ‘n klein fantasie wêreld geword wat ‘n storie vertel…
En vir ‘n mooi boekmerk is daar hierdie paar :
Hulle sal almal binnekort beskikbaar wees op ons kaartjie houer by die Townhouse in Mosselbaai. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om kaartjies te maak om iemand se dag op te vrolik. Dankie aan almal wat een gekoop het! Dit help ons om daarmee aan te hou!





