Thursday, September 26, 2024

Nuwe waterverf kaartjies met fynbos-kuns

Die mooie Danabaai is bekend vir pragtige natuur, fynbos en die bekoorlike see. Dit is so rustig hier dat jy nie anders kan as om te ontspan nie. Ek wil graag  bydra tot die mooi van hierdie pragtige dorp deur te skilder wat ek sien elke keer as ek gaan stap. 
Hier is ‘n paar kaartjies wat ek onlangs gemaak het van die fynbos in ons veld. Hierdie kaartjies sal binnekort beskikbaar wees by die Townhouse






Tuesday, August 20, 2024

Klein skilderytjies op sirkels word die oulikste fantasie wêrelde…

Vandag wil ek graag spog met Nikita se pragtige ronde skilderytjies wat vir my tog te pragtig uitgekom het! Ons het gedink ons sal bietjie rondspeel met die idee van ‘n sirkel. 

Elke sirkel het ‘n klein fantasie wêreld geword wat ‘n storie vertel…



En hier is die nog kleiner wêreldtjies:




En vir ‘n mooi boekmerk is daar hierdie paar :

Hulle sal almal binnekort beskikbaar wees op ons kaartjie houer by die Townhouse in Mosselbaai. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om kaartjies te maak om iemand se dag op te vrolik. Dankie aan almal wat een gekoop het! Dit help ons om daarmee aan te hou!


Wednesday, August 7, 2024

Die gelykenis van die saaier - Mattheus 13, ‘n Bybel studie met mooi hulpmiddels vir jou Bybel dagboek

 Die gelykenis van die saaier is een van my gunsteling gedeeltes in die Bybel. Daarom was dit vir my baie lekker om hierdie reeks te maak wat juis daaroor gaan!


Dit bevat ‘n 21 bladsy Bybel studie wat saamgestel is uit my eie notas. Dit is mooi uiteengesit met vrae wat geantwoord kan word aan die einde.


Die stel is propvol mooi bykomstighede wat reg is om uitgedruk te word en gebruik te word in jou Bybel dagboek of Joernaal Bybel. 





Daar is ‘n goeie versameling van mooi papier en oulike randjies, so wel as pretjies wat “saam praat” om die boodskap oor te dra. Hierdie reeks is nou beskikbaar in my Etsy winkel asook in my Kofi winkel. Gaan loer gerus in!

Etsy winkel

Kofi winkel

Nuwe waterverf kaartjies met fynbos-kuns

Die mooie Danabaai is bekend vir pragtige natuur, fynbos en die bekoorlike see. Dit is so rustig hier dat jy nie anders kan as om te ontspan...